cookie

We use cookies to improve your browsing experience. By clicking «Accept all», you agree to the use of cookies.

avatar

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Show more
Advertising posts
1 521
Subscribers
+124 hours
-17 days
-1430 days

Data loading in progress...

Subscriber growth rate

Data loading in progress...

https://youtu.be/W3YJj2_Ku6w?si=m_BuV35ucxqwJhgO Word deel van ons ryke Affie geskiedenis! Die Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria span saam om 'n voetgangerbrug te bou wat die twee skole verbind en wat onder andere die veiligheid van leerders en personeel help verseker. Ondersteuners van hierdie projek kry vanaf 4 Oktober 2024 ‘n geleentheid om hul naam of onderneming op die Affie-brug te verewig deur ’n tradisionele rooibaksteen of ’n koper-erkenningsplaat te skenk. Die Affie-brug. Want twee vaar beter as een.
Show all...
Die Affie Brug

Twee vaar beter as een

Baie geluk aan ons talentvolle debateerders, Anabelle Swanepoel en Kiki Butler, wat op 19 September aan die Con Spirito-landsfinaal in Kaapstad deelgeneem het. Hierdie dinamiese span het 'n indrukwekkende 5de plek behaal uit 22 deelnemende spanne. Sandy Prinsloo het aanvanklik die span saam met Kiki versterk tot by die semi-finale, maar moes onttrek weens haar deelname aan 'n akademiese toer wat vandag oorsee vertrek. Ons is uiters trots op al drie hierdie uitsonderlike dogters!
Show all...
Die skool het vandag Juf Jordaan, se verjaarsdag gevier. Aangesien dit haar laaste verjaarsdag as skoolhoof by Affies is, het ons die geleentheid ekstra spesiaal gemaak. Die hoogtepunt van die dag was juffrou Jordaan wat in ‘n helikopter op die skoolgronde van AHS geland het. Dit het groot opgewondenheid veroorsaak. Hoofdogters en onderhoofdogters wat tydens Juf Jordaan se ampstermyn gedien het, het die geleentheid bygewoon. Hulle het blomme aan Juf oorhandig, en daar was iets oor hul eie termyn as hoofdogters gedeel. Hierdie terugvoer het 'n diep emosionele element aan die dag se vieringe verleen en verder beklemtoon watter onuitwisbare indruk Juf Jordaan op die skool en haar leerders gemaak het. U het die laaste hoofstuk van u loopbaan met wysheid geskryf, en ons is so dankbaar dat ons deel daarvan kon wees. Ons wens u net die beste vir die pad vorentoe mag dit gevul wees met vreugde, rus en herinneringe aan al die lewens wat u aangeraak het.
Show all...
Die skool is amptelik gesluit vir die derde kwartaal, en daar sal môre geen skool wees nie. Die skool heropen weer op 1 Oktober.
Show all...
NEEM ASB KENNIS: Die skool se klerewinkel sal vanaf Donderdag, 19 September 2024 gesluit wees. Dit sal weer na die vakansie heropen.
Show all...
Die jaarlikse vierskole konsert, waaraan Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria Boys High School en Pretoria High School for Girls deelneem, is 'n hoogtepunt van kultuur in Pretoria. Elke jaar sien leerders, ouers en personeel met groot opgewondenheid uit na hierdie geleentheid, wat 'n simbool van uitnemendheid en samewerking tussen die skole geword het. Dit bied leerders die kans om deur musiek en kuns hulle kreatiwiteit te wys en vriendskappe oor skoolgrense heen te bou, terwyl Pretoria se ryk opvoedkundige en kulturele tradisie gevier word. Fotos: Natalie Goetsch
Show all...
Choose a Different Plan

Your current plan allows analytics for only 5 channels. To get more, please choose a different plan.