cookie

We use cookies to improve your browsing experience. By clicking «Accept all», you agree to the use of cookies.

avatar

BV Vaaldriehoek

Show more
Netherlands3 045The language is not specifiedPolitics62 228
Advertising posts
198
Subscribers
No data24 hours
No data7 days
No data30 days

Data loading in progress...

Subscriber growth rate

Data loading in progress...

Repost from BV Oos-Kaap
https://fb.watch/l-J4AGnWNy/?mibextid=9R9pXO Die Bittereinders is gevra om betrokke te raak by ʼn Hofsaak teen Malema. Ons almal onthou vir Dante van Wyk van Brackenfell. Vir die laaste 4 jaar is hy al besig met sake teen hom, maar uiteindelik het hy nou die geleentheid om die wiel te draai teen Malema. Tydens Malema se besoek na die Kaap laasjaar het hy ʼn klomp uitsprake gemaak en een van hulle was teen Dante. Hierdie uitsprake het net nog meer druk op Dante en sy gesin geplaas en hy het besluit om terug te baklei en ʼn saak oop te maak teen Malema. Toe ons genader is om bystand te lewer was dit vir ons ʼn maklike “JA!”. Ons is gevra om ʼn fondsinsameling te begin om ʼn taalkundige se onkostes wat verblyf, vervoer, ʼn vliegtuigkaartjie , sekuriteit en kos vir die 2 weke insluit te betaal. Nou, ons is nie ʼn organisasie wat sommer die hof roete stap, maar ons glo dit is belangrik om ʼn man soos Dante by te staan en hom en sy regspan in elke manier te versterk in hulle stryd. Ons as die Bittereinders begin dus die Dante van Wyk fonds, en ons vra elkeen van julle om asseblief by te dra. Die Bittereinders is ʼn geregistreerde NPO en ons kan dus Artikel 18A sertifikate (belasting voordeel) aan elkeen uitreik wat ʼn donasie maak. Ons sal Donderdag ʼn video vrystel wat die saak en die gepaardgaande fondsinsameling volledig verduidelik. Bank besonderhede: Verwysing: Dante van Wyk Bank: FNB Rekening Houer: Bittereinders Jeugbeweging Rekening Nommer: 62761886294 Rekening tipe: Besigheids Rekening Takkode: 251145 Tak: Eldoraigne Bittereinders Groete -Francois van der Merwe
Show all...
Repost from BV Vrystaat
Die Bittereinders wapen opleiding in Bloemfontein gaan voort op die 29ste Julie en die 5de Augustus. Indien jy die opleiding wil bywoon kontak my gerus by 071 753 7683. Die 29ste sal ons grondbeginsels dek, en op die 5de sal ons gevorderde opleiding doen. Ek deel later meer informasie oor wat ons op die dae gaan doen. Al wat jy vir nou moet weet is dat die baanfooi en opleiding gratis is, of jy ʼn Bittereinder is of nie. Daar sal ook met die grondbeginsel opleiding wapens beskikbaar wees vir die wat nie het nie. Bittereinders Groete -Francois van der Merwe
Show all...
Repost from BV Vrystaat
Photo unavailableShow in Telegram
Show all...
Die laaste ruk het ons baie gedink oor wat die rol van die Bittereinders in die Volkstryd is.

Die laaste ruk het ons baie gedink oor wat die rol van die Bittereinders in die Volkstryd is. Kyk gerus die video en vir die wat meer informasie soek hier is alles wat in die video genoem word: Kontak besonderhede: 071 753 7683 Telegram skakel: ttps://t.me/BVNasionaal Epos: [email protected] Word vandag nog ʼn Bittereinder: lede.bittereinders.co.za Die idee is baie eenvoudig, ons identifiseer vaardige ouens wat graag ons mense wil help met opleiding, en dan verbind ons hulle met mense wat graag opleiding wil ontvang. Die ouens wat die opleiding aanbied is dikwels betrokke of in beheer van gemeenskap veiligheid strukture, en ons gebruik dan ons netwerk en platform om mense wat nie betrokke is, of wat nie weet van die strukture, betrokke te maak in hierdie bestaande strukture. Voorlopig gaan ons aan die einde van die maand en in die begin van Augustus in Bloemfontein opleiding gee, die eerste Saterdag sal grond beginsels dek en die tweede Saterdag sal ons gevorderde opleiding en scenario’s doen, jy gaan nie by die tweede dag enige grondbeginsels geleer word nie, en dit word verwag as jy daardie opleiding bywoon dat jy jou grondbeginsels onder die knieg het. Ons sal ook later in volgende maand weer opleidings Pretoria aanbied. Bittereinders Groete -Francois van der Merwe

00:38
Video unavailableShow in Telegram
7.10 MB
As iemand meer inligting rakende die voorval het kontak my asseblief dringend. Ek sal graag wil kontak maak met die persoon wat die video geneem het sodat ons hierdie saak kan verder vat. 071 753 7683
Show all...
Repost from BV Wes-Rand
Nog ʼn suksesvolle Skietdag vir die Bittereinders! Baie dankie aan Gunnar Arms vir al julle moeite en leiding met die hele proses. Ons wil vanaand elkeen aanmoedig om, meer betrokke te raak in jou buurtwag, jou bevoegdheid, lisensie en verdere opleiding te kry (gee nie om waar) . Begin net! Ons het dit goed gedink om meer opleidings dae aan te bied, ek sal in die week ʼn video maak wat verduidelik wat ons beplan om te doen. Sluit asseblief aan by ons Telegram groep sodat u direk ons kommunikasies kan ontvang. Sluit ook vandag nog by ons aan en word deel van die Bittereinders, DIE organisasie wat onbeskaamd vir ONS mense staan. Telegram skakel: https://t.me/BVNasionaal Word vandag nog ʼn Bittereinder: https://lede.bittereinders.co.za/ Bittereinders Groete -Francois van der Merwe
Show all...
Word Deel

Choose a Different Plan

Your current plan allows analytics for only 5 channels. To get more, please choose a different plan.